Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Indiese dorp gloei van trots op Harris

’n Banier van sen. Kamala Harris, Demokratiese visepresidentskandidaat, pryk by die ingang van die Indiese dorp Thulasendrapuram.

Die sowat 200 gesinne van die dorp, wat 320 km van die stad Chennai in die suide is, hoop sy word volgende week saam met sen. Joe Biden tot die Withuis verkies. Haar oupa aan moederskant kom van daar af.

Een van talle baniere in die Indiese dorpie Thulasendrapuram tot steun van sen. Kamala Harris se verkiesingsveldtog. Foto: Reuters

Inwoners vertel trots wat sy reeds as eerste Amerikaanse senator van Suid-Asiatiese herkoms bereik het.

“Van Thulasendrapuram na Amerika” lui een van sowat ’n dosyn baniere in die dorp.

En: “Ons, die mense van Thulasendrapuram, wens verkiesingsukses toe aan die visepresidentskandidaat Kamala Harris, wie se voorouers inwoners van Thulasendrapuram was.”

Haar oupa, P.V. Gopalan, is sowat 100 jaar gelede daar gebore.

Harris se pa is van Jamaikaanse afkoms.

Hy het Amerika toe geïmmigreer om te gaan studeer waar hy Harris se ma ontmoet het.

Die senator het Indië as vyfjarige besoek.

Die baniere se bewoording is in Tamil en is opgerig in opdrag van M. Gurunathan, hoof van die dorpskomitee. – Reuters

Meer oor:  Kamala Harris  |  Indië  |  Dorp  |  Trots
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.