Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Indiese man aanbid Trump as god
Bussa Krishna voor sy altaar vir pres. Donald Trump. Foto: Facebook
Bussa Krishna met die foto van pres. Donald Trump wat hy oral saam met hom dra. Foto: Facebook

Hy bid daagliks tot pres. Donald Trump – nie vir hom nie, maar tot hom.

Nie omdat hy die Amerikaanse president op die regte pad wil stuur nie, maar omdat hy reken Trump “is niks minder as ’n god nie”.

’n Indiese man is in die nuus nadat hy ’n altaar vir die Amerikaanse president in die dorpie Konne in Indië gebou het en daagliks vermiljoen, borrie en blomme aan Trump offer as deel van sy ritueel.

Hoewel dié “god” in ’n ongewone gedaante voorgestel word met windverwaaide hare en ’n bindi – die rooi vermiljoenkolletjie op die voorkop wat gewoonlik deur getroude Hindoe-vroue gedra word – steur Bussa Krishna hom min aan dié wat hom kritiseer.

“Mense neem my nie ernstig op nie. Sommige sê ek is gek. Maar ek glo in wat ek doen,” sê Krishna.

Selfs sy ouers kon die aanbiddery nie meer verduur nie en het uit die huis getrek, berig Newsweek.

“Al wat ek van Trump weet, is dat hy ’n onoorwinbare wêreldleier is. Ek hou van sy skaamtelose houding. Omdat hy ook gestoei het, is hy baie magtig,” het Krishna, wat nie skool klaargemaak het nie, aan die Hindustan Times gesê.


Een van die bure vertel hoe Krishna sedertdien in die strate stap en “Trump is my god, hy is in my hart” hardop sê. Hy dra ook altyd die foto van Trump met die vermiljoenkolletjie daarop saam met hom – of hy nou gaan stap of net gou ’n draai by die winkel gaan maak.

Krishna mik nou daarna om voor die einde van die jaar ’n tempel vir Trump op te rig.


Meer oor:  Donald Trump
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.