Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Indiese veearts verkrag, vermoor: Polisie skiet 4 dood

Die Indiese polisie het Vrydag vier mans doodgeskiet wat daarvan verdink word dat hulle ’n jong vroueveearts in Hyderabad verkrag en vermoor het.

Die BBC berig polisiebeamptes het die mans Vrydag in die vroeë oggendure na die toneel van die misdaad geneem. Die verdagtes is doodgeskiet toe hulle glo die polisiebeamptes se vuurwapens probeer afneem het. Menseregte-organisasies, insluitend Amnestie Internasionaal (AI), het gevra dat die voorval ondersoek word.

“Moord is nie die oplossing om verkragting te voorkom nie,” het Avinash Kumar, uitvoerende direkteur van die AI in Indië, gesê.

Die verkoolde oorskot van die 27-jarige vrou is verlede Donderdag ontdek. Dit het gelei tot betogings teen die polisie se gebrek aan optrede teen misdadigers.

Die ma van die slagoffer het nadat die verdagtes doodgeskiet is, aan die BBC gesê geregtigheid het geskied.

Mense skreeu slagspreuke nadat die Indiese polisie Vrydag vier mans doodgeskiet het wat daarvan verdink word dat hulle ’n jong vroueveearts in Hyderabad verkrag en vermoor het.Foto: Reuters

Volgens The New York Times  was die Indiese polisie onder geweldige druk om die verdagtes voor die gereg te bring. Die mans is Vrydagoggend na die misdaadtoneel geneem om aan die polisie te verduidelik hoe die aanval op die vrou ontvou het, toe hulle glo die vuurwapens probeer gryp het. Volgens het polisie het die lede geen ander keuse gehad nie as om die verdagtes dood te skiet.

Die polisiebeamptes is ná die voorval soos helde behandel deur ’n skare inwoners in die strate van die stad. Die verkeer in Hyderabad is selfs deur dié viering tot stilstand gebring.

Volgens Al Jazeera word die Indiese polisie dikwels van teregstellings beskuldig, spesifiek in gebiede waar daar ’n gewapende rebellie is, soos Kasjmir en in die noordooste van die land.

Meer as 32 500 sake van verkragting is in 2017 in Indië geopen. Volgens ’n 2018-peiling deur die Thomson Reuters-Stigting word Indië as die wêreld se gevaarlikste land vir vroue geklassifiseer.


Meer oor:  Indië  |  Veearts  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.