Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Inentingspaspoorte skep etiese kwessies vir Britte

Die Britse regering besin oor ingewikkelde etiese kwessies voordat daar besluit sal word hoe Covid-19-inentingspaspoorte ten beste aangewend kan word.

Volgens die Britse premier, Boris Johnson, sal mense aanstaande week met die heropening van winkels en kroeë nie hoef te bewys dat hulle ingeënt is nie.

Hy het bygevoeg dat die gebruik van inentingspaspoorte vir internasionale reise ’n waarskynlikheid is, maar dat sulke paspoorte eers vir groot byeenkomste getoets sal word.

“Ek wil benadruk dat daar ingewikkelde etiese en praktiese kwessies is wat na vore kom met die idee van die sertifisering van mense se Covid-19-status . . . deur slegs inenting as grondslag te gebruik,” het Johnson Maandag op ’n nuuskonferensie gesê.

“ ’n Mens moet baie versigtig wees met die hantering daarvan en nie ’n diskriminerende stelsel begin nie.” - Reuters 

Meer oor:  Boris Johnson  |  Brittanje  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.