Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Inkopies put dié vette kater skoon uit
Die kat lê uitgestrek langs ’n boks katbeskuitjies. Foto: Facebook/Melanie Morris-Jones

Dié kat se “inkopies” in ’n Tesco-supermark in Rugby, Brittanje, is glad nie vreemd vir die winkelassistente nie.

Die effens oorgewig kat is verlede week deur nóg ’n inkopieganger, Melanie Morris-Jones, afgeneem toe sy vroegoggend iets te drinke en te ete gaan soek het.

Die kat het langs ’n boks van heel moontlik sy gunsteling katbederf-eetgoed gelê, vas aan die slaap!

Dit lyk asof die kat die boks Go-Kat-beskuitjies uit die rak getrek het en toe ewe langs die boks ’n katslapie geneem het.

Indien die kat daarin kon slaag om die boks oop te kry (katte is bykans tot enigiets in staat) sou dié versnapering sy of haar eienaar nie te veel gekos het nie. Die beskuitjies kos £2,49 (knap onder R50 teen die huidige wisselkoers). – Bronne: The Mirror, Daily Mail en Facebook, verwerk.

Meer oor:  Brittanje  |  Rugby  |  Winkel  |  Kat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.