Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Insekdoder glo oorsaak van egpaar se dood in hotel

Dodelike insekdoder wat ure tevore in die kamer langsaan in ’n Egiptiese hotel gespuit is, het moontlik die dood van ’n Britse egpaar veroorsaak.

John Cooper (69) is dood in sy kamer aangetref by die Steigenberger Aqua Magic Hotel in Hurghada. Sy vrou, Susan (64), is ses ure later in die hospitaal dood.

The Times berig dié insekdoder word vir landboudoeleindes gebruik.

The Sun Online berig die egpaar, van Burnley in Engeland, was op die “vakansie van ’n leeftyd” toe hulle dood is.

Kelly Ormerod, hul dogter, sê haar ouers was fiks en gesond enkele ure voor hul dood. Kelly was saam met haar ouers, en haar drie kinders, met vakansie.

Die Coopers se bure sê John en Susan was baie gelukkig saam.

“Hulle het altyd geglimlag. Ons gaan hulle mis.”

Sky News berig John Cooper is dood weens respiratoriese komplikasies en omdat die spiere rondom sy hart skielik ophou werk het.

Susan is ook dood weens respiratoriese komplikasies.

Luidens ’n nadoodse verslag is daar geen rede om te vermoed dat die egpaar weens ’n misdaad dood is nie.

Dieter Geiger, hotelbestuurder, ontken berigte dat nog gaste by die hotel siek geword het.

Geiger wys daarop dat die voorlopige verslag oor die egpaar se dood wys dat hulle weens natuurlike oorsake dood is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.