Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Interpol waarsku teen vals entstowwe

Georganiseerde misdaadnetwerke kan probeer om vals Covid-19-entstowwe te verkoop, het Interpol Woensdag gewaarsku.

Die internasionale polisieagentskap het ’n wêreldwye waarskuwing aan sy 194 lidlande gestuur dat hulle gereed moet wees vir sodanige netwerke wat hulle fisiek en aanlyn op Covid-19-entstowwe gaan toespits.

“Soos regerings stappe begin doen om die entstowwe te versprei, beplan misdaadorganisasies om voorraadkettings óf te infiltreer óf te ontwrig.

“Misdaadnetwerke sal ook niksvermoedende lede van die publiek met vals webtuistes en vals middels probeer flous, wat nie net ’n groot risiko inhou nie, maar ook hul lewens in gevaar sal stel,” het Jürgen Stock, sekretaris-generaal van Interpol, Woensdag gesê. – Reuters

Meer oor:  Interpol  |  Entstowwe  |  Koronavirus  |  Entstof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.