Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Irakse president praat met Trump by WEF oor sy soldate

Pres. Barham Salih van Irak het pres. Donald Trump van Amerika Woensdag in Davos, Switserland, ontmoet om onder meer oor die onttrekking van Amerikaanse soldate uit Irak te praat.

Press. Barham Salih van Irak en Donald Trump van Amerika Woensdag in Davos, Switserland by die Wêreld- Ekonomiese Forum se beraad. Foto: AP

Die gemoedere tussen die twee lande het die afgelope tyd hoog geloop nadat Amerika ’n prominente militêre leier van Iran in Irak aangeval en doodgemaak het. Genl.maj. Kassem Soleimani se motorstoet is naby die lughawe in Bagdad aangeval.

Barham het in ’n verklaring ná die ontmoeting met Trump gesê daar is oor die vermindering van die soldate in Irak gepraat, asook oor Irak se versoek dat sy soewereiniteit gerespekteer moet word.

Amerika het vroeër ’n versoek van Irak se premier, Adel Abdoel Mahdi, dat hy al sy soldate aan die land moet onttrek, van die hand gewys.

Amerika het toe gesê hy ondersoek die moontlikheid daarvan om die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) se missie in Irak eerder verder uit te brei.

Irak se parlement het op 5 Januarie ’n niebindende resolusie aanvaar om die regering te versoek om ’n einde aan die militêre teenwoordigheid van buitelandse moondhede in die land te maak. Reuters


Meer oor:  Pres. Donald Trump  |  Davos  |  Switserland  |  Irak  |  Amerika  |  Vergader
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.