Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Iran neem mense in hegtenis ná neerskiet van vliegtuig

Iran het Dinsdag ’n ongespesifiseerde getal mense in hegtenis geneem wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n rol gespeel het in die neerskiet van ’n vliegtuig van Oekraïne.

Die vliegtuig is verlede week neergeskiet en al 176 mense aan boord is dood.

Die inhegtenisnemings kom te midde van grootskaalse teenregeringsbetogings nadat Iran aanvanklik verlede week volgehou het dat hy nie die vliegtuig neergeskiet het nie, maar Saterdag erken het die passasiersvliegtuig is verlede Woensdag per abuis neergeskiet nadat dit in Teheran opgestyg het.

Die vliegtuig, wat onderweg na Kiëf in Oekraïne was, was skaars twee minute in die lug voordat dit in ’n vuurbal neergestort het. Daar is eers vermoed dat die vliegtuig tegniese probleme ondervind het, maar dit het later bekend geword dat die vliegtuig deur ’n missiel neergeskiet is.

Kanada, Amerika en Brittanje het die skuld op Iran hiervoor gepak, terwyl Iran aanvanklik verantwoordelikheid ontken het.

Iran se ontkenning en latere erkenning het binnelands tot grootskaalse betogings teen die land se leierskap gelei.

Wrakstukke van die Boeing 737 wat kort na opstyging neergestort het. Foto: Reuters

Die vliegtuig is neergeskiet enkele ure nadat Iran twee Amerikaanse weermagbasisse in Irak aangeval het uit weerwraak vir die dood van genl.maj. Kassem Soleimani. Hy is op 3 Januarie in ’n Amerikaanse lugaanval in Bagdad, Irak, dood nadat pres. Donald Trump toestemming vir die aanval gegee het. Altesame sewe mense is in die aanval dood.

Justin Trudeau, Kanada se premier, het aan Global News TV gesê die passasiers op die vliegtuig sou nog geleef het “as dit nie vir spanning in die gebied was nie”. Daar was minstens 57 Kanadese burgers op die vlug.

Hy het sê Amerika het Kanada nie vooraf gewaarsku oor sy beplande aanval op Soleimani nie.

“Amerika neem sy besluite. Ons probeer as internasionale gemeenskap om saam te werk oor groot kwessies. Maar soms tree lande op sonder om hul bondgenote in te lig.” – Reuters

Meer oor:  Oekraïne  |  Vsa  |  Oorlog  |  Iran
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.