Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Iran: Gaan stem vir nuwe president, vra ajatolla

Iran se opperleier, ajatolla Ali Khamenei, het ’n beroep vir ’n hoë kieseropkoms gedoen in die land se presidensiële verkiesing, wat Vrydag plaasvind.

ali khamenei
Ajatolla Ali Khamenei Foto: Reuters

Die stryd sal waarskynlik gewen word deur ’n regter wat getrou en lojaal is aan die godsdienstige establishment.

“Elke stem tel. Kom en stem en kies jou president . . . dit is belangrik vir die toekoms van die land,” het Khamenei gesê nadat hy sy stem in Teheran, die hoofstad, uitgebring het.

Regter Ebrahim Raisi en die gematigde voormalige goewerneur van die sentrale bank, Abdolnaser Hemmati, is die hoofkandidate in die verkiesingstryd nadat die toesighoudende raad oor die verkiesing verskeie prominente kandidate gediskwalifiseer het om aan die verkiesing deel te neem en ander tou opgegooi het.

Pres. Hassan Rouhani het die mense van Iran Donderdag – toe die stemwerwery geëindig het – aangemoedig om nie toe te laat dat die “tekortkominge van ’n instelling of ’n groep” hulle daarvan weerhou om te gaan stem nie. Dit was in ’n klaarblyklike verwysing na die toesighoudende raad.

“Vir eers, laat ons nie dink oor die griewe van môre nie,” het Rouhani op televisie gesê.

Amptelike peilings wys dat die kiesersopkoms so laag as 41% kan wees, wat aansienlik laer as in vorige verkiesings is. – Reuters

Meer oor:  Iran  |  Nuwe President  |  Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.