Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Is Tian Tian dragtig?
Tian Tian, die enigste reusepanda in Brittanje, is waarskynlik dragtig. Foto: Reuters

Hoor jy die getrippel van klein pandapootjies?

Tian Tian, Brittanje se enigste reusepanda-wyfie, is waarskynlik dragtig, sê die Edinburg-dieretuin.

Die verrassende aankondiging volg op e-posse wat daarop dui dat die welpie reeds Vrydag gebore mag word.

Die e-posse tussen die dieretuin en die Skotse regering bespreek die feit dat Tian Tian dragtig is en kan nou kragtens die Wet op die Vryheid van Inligting openbaar gemaak word, berig SkyNews.

Die dieretuin sê egter dis moeilik om die presiese datum van die geboorte te bepaal.

“Tian Tian word streng deur ons span kenners gemonitor en ons sal enige nuus so gou as moontlik bekend maak,” sê ’n woordvoerder van die dieretuin.

Die aankondiging kom ná verskeie pogings oor etlike jare om Tian Tian te laat voortplant.

Reuters berig dat Tian Tian in 2003 gebore is en in 2011 van China in Skotland aangekom het vir ’n leentydperk van 10 jaar.

Reusepandas is een van mees bedreigde spesies op aarde en hul natuurlike tuiste is in ’n paar bergreekse in Sentraal-China.

Volgens kenners is dit baie moeilik om te bepaal of ’n reusepanda dragtig is, aangesien die spesie geneig is tot peudo-dragtigheid, waar die tekens baie soortgelyk is.

“Hoewel ’n spesifieke datum voorgestel is, is dit, soos met alle babas, moeilik om ’n presiese datum te bepaal. Die panda-teelseisoen hou tot laat in September aan,” sê die woordvoerder.


Meer oor:  Skotland  |  Brittanje  |  Dieretuin  |  Panda
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.