Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Isis-aanvalle: Mosambiek vra EU se hulp

Mosambiek het die Europese Unie se hulp gevra om ’n vlaag aanvalle te stuit deur militante wat bande met die terreurgroep Isis het.

Die aanvalle in die noordelike Cabo Delgado-provinsie kom al van 2017, maar die geweld het vanjaar toegeneem met militante wat dorpe kort tye beset en dan aanvalle op militêre en ander vername teikens geloods het.

Die Portugese nuusagentskap Lusa het Dinsdag berig dat Mosambiek Josep Borrell, wat aan die hoof van die EU se buitelandse beleid staan, gevra om die land se gewapende magte op te lei sodat hulle die Islamitiese militante kan teenstaan.

Foto ter illustrasie. Foto: Reuters

Mosambiek, ’n voormalige Portugese kolonie, het ook mediese toerusting en humanitêre hulp gevra om die slagoffers van die konflik te help.

“Die regering van Mosambiek en die EU het met gesprekke begin wat op kwessies oor humanitêre hulp en veiligheid in Cabo Delgado fokus,” het ’n woordvoerder van die EU Woensdag gesê en bygevoeg dat “opsies vir hulp” oorweeg word.

Die pleidooi vir bystand kom ná die uitreiking van ’n verslag deur die Wêreldvoedselprogram dat meer as 300 000 mense in Cabo Delgado weens die konflik na naburige provinsies gevlug het.

Amnestie Internasionaal het vroeër vandeesmaand gesê dat video’s versprei word waarin soldate in uniform gruweldade teen vermeende vegters in Cabo Delgado pleeg. Die ministerie van verdediging in Mosambiek het dit ontken en gesê militante doen hulle gereeld as soldate voor. Reuters

Meer oor:  Europese Unie  |  Mosambiek  |  Aanvalle  |  Hulp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.