Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Isis erken Sri Lanka-bomme was syne

Die Islamitiese Staat (Isis) het verantwoordelikheid vir die selfmoordbomaanvalle in Sri Lanka aanvaar, berig die Israelse koerant Haaretz.

Isis het geen bewyse gegee nie.

Intussen het Ruwan Wijewardene, Sri Lanka se minister van verdediging, gesê die aanvalle Sondag op kerke en hotelle in Sri Lanka was uit vergelding vir die moskee-aanvalle in Maart in Christchurch, Nieu-Seeland, berig die BBC.

Wijewardene sê dit is die bevinding van ’n “voorlopige ondersoek”. Hy het geen verdere besonderhede gegee nie.

Sri Lankane ween Dinsdag op ’n massabegrafnis van slagoffers wat dood is in die reeks selfmoordbomaanvalle by kerke en hotelle in Colombo. Foto: Reuters

Daar is reeds 40 mense in verband met die selfmoordbomaanvalle in hegtenis geneem. Die regering sê die plaaslike Islamitiese National Thowheed Jamath (NTJ) is daarvoor verantwoordelik, maar daar word vermoed dat hulle buitelandse hulp gehad het.

Volgens die polisie is die dodetal 310 en sowat 500 mense is beseer.

Die eerste massabegrafnis is Dinsdag gehou en die land het drie minute stilte gehandhaaf. Die stilte het om 08:30 begin, die tyd toe die eerste van die ses bomme afgegaan het, berig rte.ie.

Gelowiges het by die St. Anthony-tempel in Colombo, waar talle mense dood is, bymekaargekom om te bid. Kerse is vasgehou en daar is saggies gebid.

Sommige mense het gesukkel om die trane te keer nadat die drie minute stilte verby is.




Meer oor:  Sri Lanka  |  Terreur  |  Isis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.