Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Isis gou sonder grondgebied, sê Trump

Pres. Donald Trump van Amerika verwag dat die grondgebied wat deur die Islamitiese Staat (Isis), in Sirië en Irak beheer word, teen aanstaande week heeltemal bevry sal wees, berig Bloomberg.

Hy het Woensdag in Washington gepraat op ’n vergadering van die internasionale koalisie teen Isis.

Die koalisie, wat nou uit bykans 80 lande bestaan, is in 2014 gevorm nadat die groep gebiede oorgeneem en terreuraanvalle buite die streek van stapel gestuur het.

Trump het in Desember verklaar Isis is verslaan te midde van berigte dat hy Amerikaanse troepe binne 30 dae aan die gebied wil onttrek.

Ná skerp kritiek uit sy eie party, Amerikaanse verdedigingsamptenare en sy buitelandse bondgenote, het hy die onttrekking vertraag.

“Dit sal waarskynlik een of ander tyd volgende week formeel aangekondig word dat ons 100% van die kalifaat beheer,” het Trump Woensdag gesê.

Hy sê Amerika sal nie ophou om oorblyfsels van Isis te beveg nie, al wil hy troepe aan die gebied onttrek.

Die BBC berig Amerikaanse militêre en intelligensie-amptenare waarsku sonder volgehoue ??teen-terrorisme druk kan Isis weer sy mag opbou.

Volgens Bloomberg sê top-intelligensie-amptenare duisende Isis-vegters gaan ondergronds in Sirië en Irak, wat beteken die feit dat hulle nie meer gebied beheer nie, beteken nie hulle is uitgewis nie.

Amerikaanse amptenare het onlangs gesê Isis het 99,5% van sy grondgebied verloor en hou minder as 5 km² in Sirië in die middel van die Eufraatriviervallei, waar die grootste deel van die vegters gekonsentreer is, het Time berig.

https://www.bbc.com/news/world-us-canada-47149088

https://www.bloomberg.com/news/articles/2019-02-06/pompeo-reassures-allies-u-s-goals-in-syria-aren-t-changing

http://time.com/5523429/trump-military-islamic-state-territory/

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.