Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Isis-jihadiste slaan toe op eilandparadys
Geboue op die eiland Vamizi.Foto: Vamizi-oord

Isis-jihadiste het luukse hotelle en villas op ’n eilandparadys, waar superrykes soos Bono van die musiekgroep U2 en die James Bond-akteur Daniel Craig eens uitgespan het, afgebrand.

Oud-pres. Nelson Mandela en sy vrou, Graça, was in 2006 ook gaste op die eiland Vamizi.

Die Daily Mail berig Vamizi, digby Mosambiek, is die afgelope week deur die Islamitiese terroriste ingeneem. Isis het verlede maand die sharia-wet in die nabygeleë strategiese hawestad Mocimboa da Praia op die vasteland, in die gasryke provinsie Cabo Delgado, afgekondig.

Mocimboa da Praia is minder as 50 km suid van Afungi-skiereiland waar ’n aardgasaanleg, een van Afrika se grootste enkele beleggingsprojekte, geleë is.

Isis beplan glo om die eilande wat hulle inneem te gebruik as basisse om winsgewende toevoerlyne af te sny. Energiemaatskappye moes nuwe fasiliteite bou om kontak met die terroristegroep te vermy.

Volgens The Sun is luukse hotelle en huise in puin gelê en wilde diere het doodgebrand. Isis-terroriste het ook inwoners op die eiland Mecungo beveel om die plek te verlaat.

’n Inwoner van Mecungo het gesê die terroriste het in die nag per boot by die eiland opgedaag. “Hulle het aan ons gesê dat ons moet hardloop as ons wil leef. Almal het toe die eiland verlaat.”

7news.com berig foto’s wat Vrydag op Twitter geplaas is, toon die verwoesting op die eilande.

Boomstompe en verkoolde hout is al wat oorgebly het van die eens glansryke wegbreekplek vir bekendes.

Alle toeristebedrywighede is die afgelope paar maande weens die Covid-19-pandemie in Mosambiek en sy nabygeleë eilande in die Indiese Oseaan gestaak.

Ná die aanval. Hotelle en villas is tot op die grond afgebrand.Foto: Twitter
’n Uitgebrande safarivoertuig.Foto: Twitter
Oud-pres. Nelson Mandela en sy vrou, Graça, was in 2006 gaste op Vamizi. Dié foto het in Mei 2014 op die voorblad van die Friends of Vamizi se nuusbrief verskyn. Foto: Friends of Vamizi
Die sanger Bono van die rockgroep U2 het ook al op Vamizi vakansie gehou. Foto: Getty Images
Daniel Craig, die huidige James Bond in die 007-fliekreeks, is een van die bekendes wat Vamizi al besoek het.Foto: Getty Images


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.