Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Isis onthoof 50 in Mosambiek

Die Verenigde Nasies (VN) word opnuut deur menseregteaktiviste gekritiseer ná die jongste slagting in die noorde van Mosambiek.

Die lyke van 50 mense, meestal seuns en mans, is Maandag gekry ná ’n naweek van bloedvergieting deur die terreurgroep Isis.

Huise is afgebrand en talle vroue en kinders in die nedersettings wat geteiken is, is luidens berigte in die plaaslike media ontvoer.

Daar is wyd in die internasionale media berig dat ooggetuies aan die Mozambique News Agency gesê het die lyke van mans en seuns is in ’n bebosde gebied gekry. Hulle is glo onthoof en daarna opgekap.

Bernardino Rafael, nasionale polisiewoordvoerder, het die voorval later op ’n nuuskonferensie bevestig, berig Al Jazeera.

Jose Tembe, die BBC se korrespondent in Maputo, het berig die naweek se gru-gebeure is die ergste tot nog toe sedert Isis in 2017 mense van die noordelike Cabo Delgado-provinsie, wat oorwegend Moslem is, begin teister het.

Sedertdien is minstens 2 000 mense deur Isis vermoor. Honderdduisende het reeds uit die gebied gevlug.

LEES OOK: 40 wat van Isis vlug, verdrink aan Mosambiekse kus

Dié militante buit armoede en werkloosheid uit deur die jeug te probeer werf om by Isis aan te sluit.

Die regering in Mosambiek het vir internasionale hulp gevra en sê hy het gespesialiseerde groepe nodig om teen die militante te veg.

Hillel Neuer, die internasionaal bekende menseregte-prokureur en stigter van die Geneva-beraad vir menseregte en demokrasie, het sy frustrasie getwiet dat die VN niks aan die situasie in Mosambiek doen nie.



Die menseregteaktivis Ayaan Hirsi Ali het op haar beurt ’n beroep gedoen dat die wêreld saamstaan teen terreur.


Meer oor:  Isis  |  Mosambiek  |  Onthoof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.