Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Aanvalle in Gasastrook ergste in jare

Israelse vliegtuie het Saterdag militêre teikens in die Gasa-strook aangeval, terwyl Palestyne tientalle mortierbomme en vuurpyle na Israel gevuur het.

Die aanvalle is bestempel as die ergste in jare.

"Ons praat hier van die grootste offensief sedert 2014, het brig.genl. Tzvika Haimovoc van die Israelse weermag aan joernaliste gesê.

Volgens die Israelse weermag is meer as 40 teikens getref in militêre basisse van Hamas, die Islamitiese groep wat die Gasa-strook beheer.

Die kragtige ontploffings het huise geruk en swart rookwolke het in die lug gehang bokant die plekke waar die bomme geval het.

Militante in Gasa het meer as 50 mortierbomme afgevuur in die rigting van Israel. Dit het sirenes laat afgaan en Israelse burgers het gevlug om skuiling te soek teen die aanval.

Die onluste het Vrydag begin toe duisende Palestyne aan die grens met Israel byeengekom het vir die weeklikse betogings wat nou al vir die vierde maand aangaan.

Intussen sê gesondheidsbeamptes in Gasa Israelse troepe het ’n Palestynse tiener doodgeskiet. ’n Tweede betoger is ook Saterdag aan sy wonde dood.

Volgens die Israelse weermag het betogers Vrydag brandende binnebande, klippe en ploftoestelle na sy soldate gegooi. Een van sy soldate is glo gewond deur ’n Palestynse handgranaat wat oor die grensdraad gegooi is.

Ure later het die Israelse weermag ’n reeks lugaanvalle op Gasa uitgevoer. Palestynse militante het geantwoord deur projektiele na Israel te skiet, waarna die Israelse lugmag nóg aanvalle uitgevoer het. - Reuters

Meer oor:  Hamas  |  Gaza  |  Israel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.