Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Israel, nog Arabiese state teken verdrae
Die vlae van die VSA, die Verenigde Arabiese Emirate, Israel en Bahrein wapper langs ’n straat in Netana, Israel.Foto: Reuters

Die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) en Bahrein sou gisteraand die jongste Arabiese state word wat ’n jare lange taboe verbreek deur ooreenkomste te onderteken om bande met Israel te normaliseer in ’n strategiese herskikking van Midde-Oosterse lande teen Iran.

Pres. Donald Trump sou die gasheer wees vir die ondertekeningsplegtigheid in die Withuis, wat die kroon sou span op ’n dramatiese maand toe eers die VAE en toe Bahrein ingestem het om dekades lange kilheid teen Israel te laat vaar sonder die voorwaarde van ’n oplossing vir die twis tussen Israel en die Palestyne.

Aan Israel se kant sou Benjamin Netanyahu die Amerikaans bemiddelde plegtigheid bywoon, terwyl Sjeik Abdhoellah bin Zajed al-Nahjan, die VAE se minister van buitelandse sake, en Abdoelaahtif Al Zajani, sy Bahreinse ampsgenoot, hul lande sou verteenwoordig.

Die ooreenkomste maak hulle die derde en vierde Arabiese state wat sodanige stappe doen om betrekkinge met Israel te normaliseer sedert Israel in 1979 met Egipte en in 1994 met Jordanië verdrae onderteken het.

Die jongste ooreenkomste, wat bitter veroordeling van die Pale­styne ontlok het, is ’n onwaarskynlike diplomatieke oorwinning vir Trump. Hy het sy presidentstermyn deurgebring deur ooreenkomste te voorspel wat betref ingewikkelde probleme, soos Noord-Korea se kernprogram, maar met min sukses.

Die ooreenkomste kan Trump help om meer steun te kry onder die pro-Israelse Christelike evangeliese kiesers in Amerika.

Die bymekaarbring van Israel, die VAE en Bahrein bevestig die lande se gemeenskaplike kommer oor Iran se toenemende invloed in die streek. Iran was krities oor albei ooreenkomste. – Reuters

Meer oor:  Donald Trump  |  Withuis  |  Vae  |  Bahrein  |  Amerika  |  Israel  |  Verdrae
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.