Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Israel ontplooi voetsoldate langs Gasa-grens

Israel het Donderdag sy voetsoldate langs die Gasa-grens begin ontplooi nadat ekstremiste van Hamas en die Palestynse Islamitiese Djihad (PIJ) met vuurpylaanvalle op die suide van Israel volgehou het.

Dit kom ondanks oproepe van wêreldleiers vir ’n skietstilstand in die Gasa-strook.

Teen dagbreek het Israel opnuut sy lugaanvalle op die Palestynse kus-enklawe hervat en ’n sesverdieping- residensiële gebou in die middel van Gasastad vernietig. In ’n stap wat aan die aanvalle in die Israel-Gasa-oorloë van 2014 en 2008 tot 2009 herinner, berei troepe op die Gasa-grens ook voor om klopjagte te begin uitvoer.

Nog Palestyne is oornag in aanvalle dood, wat die dodetal in die konflik wat Maandag begin toeneem het op 67 te staan bring, onder wie 11 bevelvoerders van Hamas en minstens 17 kinders. Ses Israeli’s is tot dusver dood.

Palestyne kyk na ’n gebou in Gasastad wat vandeesweek in ’n lugaanval deur Israel verwoes is. Foto: Reuters

LEES OOK: Gasa-konflik: Nog Hamas-bevelvoerders, kinders dood

Israel se weermag het Donderdag aangevoer sowat 400 van die 1 600 vuurpyle wat deur Gaza-faksies afgevuur is, het kort van teikens geval en moontlik tot ongevalle van Palestynse burgerlikes gelei.

Luidens mediaberigte het aanvalle op straat deur Jode op verbygaande Arabiere Woensdag tot vroeg Donderdagoggend in etnies gemengde gebiede voorgekom. Inwoners van dorpe, waaronder die kusstad Akko in die noorde van Israel, sê hulle is bang om die huis te verlaat.

Israel het sy aanval van stapel gestuur nadat Hamas vuurpyle op Jerusalem en Tel Aviv, Israel se grootste metropolitaanse gebied, afgevuur het.

Hamas het die vuurpyle afgevuur as vergelding nadat die polisie in Israel en Palestynse betogers naby die Al-Aksa-moskee in die ooste van Jerusalem slaags geraak het. Daar was toe reeds spanning oor die moontlike uitsetting van Palestynse gesinne uit hul huise nadat Joodse setlaars die eiendomme opgeëis het. Die hofgeding daaroor is intussen uitgestel.

Hoewel die jongste probleme in Jerusalem die onmiddellike sneller vir vyandige optrede was, is Palestyne deurlopend gefrustreerd omdat hul pogings tot onafhanklikheid die laaste paar jaar terugslae ervaar het.

Egipte, Katar en die Verenigde Nasies probeer om ’n skietstilstand te bewerkstellig, maar hulle het nog geen vordering gemaak om die geweld te beëindig nie, sê ’n Palestynse bron. Amerika is intussen ook besig om met alle betrokke partye te praat in ’n poging om kalmte te bewerkstellig en sal binnekort ’n afgevaardigde uitstuur wat met Israelse sowel as Palestynse leiers sal vergader. Reuters

Meer oor:  Gasa  |  Israel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.