Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Israel-Palestynse geweld spoel oor in onrus

Duisende Palestyne het Vrydag uit hul huise gevlug toe Israel die noordelike Gasastrook met tenkvuur en lugaanvalle gepeper het.

Volgens die Associated Press is ’n gesin van ses in die aanval dood.

Die geweld in Gasa het elders toenemend oorgegaan tot onrus.

Palestyne het oor die hele Wesoewer heen die grootste protesoptogte sedert 2017 gehou, met honderde oproeriges wat in minstens nege dorpe bande verbrand en Israelse soldate met klippe bestook het. Volgens Palestynse gesondheidsbeamptes het Israelse soldate ses Palestyne doodgemaak, terwyl ’n sewende dood is toe hy ’n Israelse soldaat met ’n mes probeer doodsteek het.

Joodse en Arabiese oproeriges het in die stad Lod slaags geraak, selfs nadat bykomende veiligheidsmagte daar ontplooi is.

122 mense is in gevegte dood, onder wie 31 kinders en 20 vroue. 900 is beseer. Hamas en die Islamitiese Djihad-militante groepe het bevestig 20 mense is in hul geledere dood, hoewel Israel sê dié syfer is baie hoër. Sewe mense is in Israel dood, onder wie ’n sesjarige seun en ’n soldaat.

’n Israelse weermagoffisier het aan die Jerusalem Post gesê drie vuurpyle is Vrydagaand van Sirië in die rigting van Israel afgevuur.

Een van die vuurpyle het aan die Siriese kant van die grens geval. Die ander twee vuurpyle het in ’n oop ruimte geval. Niemand is beseer nie.

Die Palestynse Tahir-brigade, wat in Sirië gestasioneer is, het die verantwoordelikheid vir die afvuur van die vuurpyle op Israel aanvaar. Betogers in Jordanië het vroeër die dag die Israelse grens genader.

Sowat 500 betogers het van ’n groter betoging van 2 000 mense, wat in Karameh, noordoos van Jerigo, plaasgevind het, weggebreek en die grens probeer oorsteek.

Hulle is by die Allenby-brug (wat in Jordanië as die King Hussein-brug bekend staan) deur die polisie uiteengejaag.

Reuters berig pres. Joe Biden van Amerika se administrasie werk daaraan om die Israel-Palestynse konflik te ontlont. Jen Psaki, woordvoerder van die Withuis, het Vrydag aan verslaggewers gesê die regering is daarop ingestel om die krisis tussen Israel en Hamas diplomaties te beëindig.

Meer oor:  Gasa  |  Israel  |  Aanvalle  |  Geweld  |  Onrus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.