Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Israel val Gasa aan oor brandende ballonne

Israel het Woensdag lugaanvalle op Gasa geloods nadat brandende ballonne van dié gebied na Israel gestuur is.

Dit is die eerste van hierdie aanvalle sedert ’n brose skietstaking 11 dae se dodelike gevegte verlede maand tot ’n einde gebring het.

Die lugaanvalle is teen die oggend beëindig, met geen berigte van slagoffers aan albei kante nie.

Die opvlamming van geweld is ’n eerste uitdaging vir Israel se nuwe regering en kom ná ’n optog Dinsdag deur Joodse nasionaliste in Oos-Jerusalem, wat dreigemente van Hamas, die regerende militante groep in Gasa, ontlok het.

Die Israeliese weermag sê sy lugaanvalle het Hamas se vestings in Gasa-stad, asook die suidelike dorp Chan Joenis geteiken. Die weermag sê hy is “gereed vir enigiets, waaronder hernude gevegte te midde van die voortgesette terroristedade wat uit Gasa geloods word”.

Die lugaanvalle is uit vergelding vir aanvalle met brandstof-gelaaide ballonne, sê die weermag. Israel se brandweerdienste sê die ballonne het 20 veldbrande in gemeenskappe naby die Gasa-grens veroorsaak.

’n Hamas-woordvoerder, wat die aanvalle deur Israel bevestig het, het gesê die Palestyne sal voortgaan met hul “dapper weerstand” asook om hul regte en heilige gebiede in Jerusalem te verdedig.

Slegs ure voor die aanvalle het duisende Israeli’s met vlae by die Damaskus-hek van Jerusalem se ou stad saamgedrom. Die groep het hierna beweeg na die Westelike Muur, ’n heilige plek vir Judaïsme, wat woede en veroordeling van die Palestyne ontketen het.

Israel, wat Oos-Jerusalem in die 1967-oorlog beset en later geannekseer het – ’n stap wat nie internasionaal erken word nie – beskou die hele Jerusalem as sy hoofstad.

Die Palestyne wil hê dat Oos-Jerusalem die hoofstad van sy toekomstige staat, wat die Wesoewer en Gasa sal insluit, moet wees.

In aanloop tot Dinsdag se optog het Israel sy sogenaamde Ysterkoepel-verdedigingstelsel in afwagting op moontlike vuurpylaanvalle vanuit Gasa opgeskerp.

Maar toe die deelnemers aan die optog teen die aand uiteengaan, was daar steeds geen teken van vuurpylaanvalle nie.

Dié optog is oorspronklik vir 10 Mei beplan as deel van Jerusalem-dag se feesvierings waartydens die verkryging van Israel se beheer oor Oos-Jerusalem gevier word.

Die optog is ter elfder ure van die Damaskus-hek en die ou stad se Moslem-enklawe herlei. Dié stap het Hamas egter nie daarvan laat afsien om vuurpyle na Jerusalem af te vuur nie en was ook die begin van verlede maand se gevegte. – Reuters

Meer oor:  Palestina  |  Israel  |  Skietstilstand  |  Pres. Joe Biden  |  Gasa-Konflik
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.