Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Israel val Gasa weer aan in konflik oor ballonne

Die Israeliese weermag het Donderdag weer lugaanvalle op Gasa uitgevoer nadat aanvalle met brandende ballonne op Israel geloods is.

Dit is die tweede lugaanval op Gasa sedert ’n skietstilstand van 11 dae verlede maand tussen Israel en Palestina ingestel is.

Volgens Israel se weermag is dié lugaanvalle uitgevoer nadat Gasa die derde agtereenvolgende dag brandende ballonne na Israel gestuur het.

Israel het ook Woensdag ’n lugaanval geloods nadat Hamas, die regerende militante groep in Gasa, brandende ballonne na Israel gestuur het.

Bronne in Palestina het aan die nuusagentskap Al Jazeera gesê Israel se lugaanval het verskeie plekke van gewapende groepe in Gasa getref.

’n Burgerlike gebou is ook in die aanval beskadig, terwyl ’n veld vir landbouverbouing ook geteiken is.

Rook kon Donderdag in Gasa gesien word nadat Israel lugaanvalle uitgevoer het. Foto: Reuters

Daar is ook verslae dat Hamas met swaar masjiengewere in die rigting van Israel gevuur het.

Volgens The Guardian gebruik Hamas die ballonne om landbougrond en bosse aan die brand te steek.

Israel sê hy het in Donderdag se lugaanval militêre geriewe van Hamas geteiken. Die weermag is tans ook glo besig om hom vir enige scenario’s gereed te maak.

CNN berig die moontlikheid bestaan dat Hamas en Israel nie weer in ’n volskaalse oorlog sal verval nie omdat Hamas nie Woensdag op Israel se lugaanvalle gereageer het nie.

CNN berig die situasie op die Israel-Gasa-grens is egter steeds baie plofbaar.

Die woordvoerder van die Israeliese weermag het Donderdag egter gewaarsku dat ’n oorlog weer kan uitbreek.

Die jongste konflik is die nuwe Israeliese regering se eerste uitdaging. ’n Optog Dinsdag deur Joodse nasionaliste in Oos-Jerusalem, het daartoe aanleiding gegee.





Meer oor:  Gasa  |  Israel  |  Lugaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.