Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Italië, Nieu-Seeland hul leiers kwyt
Matteo Rezi, eerste minister van Italië wat nou bedank het.Foto: Reuters

Matteo Renzi, Italië se eerste minister, dien Maandag sy bedanking in ná ’n vernederende nederlaag Sondag in ’n referendum oor grondwetlike hervorming.

Dit kan die eurogebied se derde grootste ekonomie in politieke onsekerheid dompel.

Renzi se besluit om te bedank kom nadat hy slegs twee en ’n half jaar as eerste minister gedien het en dit word beskou as ’n groot terugslag vir die Europese Unie.

Die euro het tot sy laagste vlak teenoor die dollar in 20 maande gedaal, wat kommer laat ontstaan dat dit tot ’n finansiële krisis kan lei.

Renzi se bedanking kan in 2017 tot ’n vroeë verkiesing lei wat die 5-Star Movement-party, wat teen die eurogebied gekant is, aan die bewind kan plaas.

“Ek neem volle verantwoordelikheid vir die nederlaag,” het Renzi in ’n toespraak gesê wat op televisie uitgesaai is.

Sergio Mattarella, president van Italië, sal nou samesprekings met partyleiers voer voordat ’n aankondiging oor Renzi se opvolger gemaak word.

Die nuwe president – die vyfde in vyf jaar – sal ’n nuwe verkiesingswet moet saamstel.

Volgens die uitslag van die referendum het 40,9% van die Italianers ja gestem teenoor 59,1% wat nee gestem het.

Sowat 33 miljoen mense het gestem. Dit is twee derdes van die kiesers.

John Key, eerste minister van Nieu-Seeland.Foto: Reuters

* In Nieu-Seeland het die eerste minister, John Key, onverwags bedank. Hy is voorheen geloof vir die wyse waarop hy die land se ekonomie weer op dreef gekry het.

Hy was vir agt jaar aan die stuur van sake en tree uit met nog meer as twee jaar van sy derde termyn oor.

Hy steun Bill English, sy adjunk en minister van finansies, om hom op te volg.

’n Nasionale verkiesing word nie voor laat in 2017 verwag nie. –Reuters

Meer oor:  Matteo Renzi  |  John Key  |  Nieu-Seeland  |  Italië  |  Bedank  |  Resignation
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.