Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ja dankie, ek wil president bly, sê Poetin

Wladimir Poetin steun ’n voorgestelde verandering van die land se grondwet sodat hy moontlik nog tot 2036 as president van Rusland aan bewind kan bly.

Walentina Teresjkowa in die Doema (laerhuis) van Rusland waar sy Dinsdag voorgestel het dat die Russiese grondwet verander moet word sodat Wladimir Poetin vir nog ’n termyn van ses jaar as president verkies kan word. Foto: via AP

Poetin, wat reeds vir 20 jaar die Russiese staatshoof is, se huidige termyn van ses jaar eindig in 2024.

Met die voorstel van die parlementslid Walentina Teresjkowa dat presidensiële termyne geskrap moet word, of om Poetin toe te laat om nog twee keer as presidentskandidaat te staan, kan die 67-jarige Poetin dalk tot sy dood die Russiese president wees.

Teresjkowa, wat in 1963 ook die eerste vrou in die ruimte was, het gesê Poetin se gravitas as president “kan ’n stabiliserende element in ons gemeenskap wees”.

Sy het haar voorstel Dinsdag in die Russiese Doema (die laerhuis in die parlement) gemaak. Poetin het nie die voorstel gesteun dat daar nie ’n beperking moet wees op die aantal termyne van ’n president nie, maar wel dat hy weer verkiesbaar kan wees.

Die voorstel sal waarskynlik vandeesweek nog deur drie parlementêre stemprosesse bekragtig word.

Poetin het gesê die besluit moet ook deur die Russiese volk goedgekeur word in ’n referendum wat volgende maand gehou sal word.

Die steun van die grondwethof in Rusland sal na verwagting ’n blote formaliteit wees.

- Bronne: FT, The Guardian en Time

Pres. Wladimir Poetin ondersteun Dinsdag die voorstel in die Russiese Doema (laerhuis) dat hy vir nog ’n termyn as president verkies kan word. Foto: via AP

Meer oor:  Wladimir Poetin  |  Rusland  |  President
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.