Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ja vir sjokolade en blomme, nee vir klere in Parys
’n Geslote restaurant in Parys, Frankryk, waar inperkings Saterdag in werking getree het weens ’n toename in Covid-19-gevalle. Foto: AP

’n Nuwe maand lange inperking wat Saterdag in Frankryk in werking tree, is met frustrasie en verwarring begroet.

Die inperkings is ingestel ná ’n toename in Covid-19-gevalle in Parys en in die noorde van Frankryk.

Die nuwe beperkings is minder streng as dié wat tydens die lente en in November 2020 ingestel is, wat kommer wek dat dit moontlik nie doeltreffend sal wees nie.

“Ek hoop dat dit vinnig sal eindig, hoewel ek vrae het oor hoe doeltreffend die maatreëls is,” het Kasia Gluc (57), ’n grafiese kunstenaar in Champs-Élysées-laan in Parys, gesê.

Daar was frustrasie onder winkeleienaars van sogenaamde nienoodsaaklike produkte wat gedwing word om te sluit.

Winkels wat toegelaat word om oop te bly, sluit in dié wat kos, boeke, blomme en sjokolade verkoop, asook haarkappers en skoenmakers, maar nie klere-, meubel- en skoonheidswinkels nie, volgens ’n lys wat Vrydagaand bekend gemaak is.

Ondanks die inperkings in Parys en in die noorde van Frankryk, word mense toegelaat om binne ’n radius van 30 km hul huise te verlaat. Hier oefen ’n groep mense in ’n park in Parys. Foto: AP

Bruno Le Maire, minister van finansies, wat gesê het 90 000 winkels moet sluit, het die lys verdedig van winkels wat wel oop kan bly, veral dié wat sjokolade en blomme verkoop net twee weke voor Paasfees.

“Ek sê glad nie dit is ideaal nie, maar dit word elke keer met ’n eenvoudige logika gedoen: Waarborg die gesondheid van die Franse volk, terwyl ekonomiese aktiwiteite soveel as moontlik bewaar word,” het hy aan die radiostasie France Inter gesê.

Mense kan binne ’n radius van 30 km die huis verlaat so gereeld as wat hulle wil, mits hulle ’n verklaring invul, het die ministerie van binnelandse sake gesê.

“Ons moet ’n toestemmingsbriefie hê, maar vergeleke met vorige inperkings is ons meer vry om uit te gaan. Is ons dan ingeperk? Ja en nee,” het Antonin Le Marechal (21) gesê.

Die regering voer aan die maatreëls is nodig om die druk op waakeenhede, wat amper vol is, te verlig.

’n Groot aantal Parysenaars het die stad verlaat voordat die beperkings om middernag in werking getree het. – Reuters

Meer oor:  Parys  |  Frankryk  |  Covid-19  |  Inperkingsmaatreëls
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.