Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Japan kelder bewaringsgebied vir walvisse

Internasionale omgewingsgroepe het Donderdag hul “diepe kommer” uitgespreek nadat ’n voorstel om ’n walvisbewaringsgebied in die Suidelike Atlantiese Oseaan by Antarktika te verklaar, deur Japan en sy alliansie-vennote verwerp is.

Die Environmental Investigating Agency (EIA) het in ’n verklaring gesê Japan en sy alliansievennote se stem teen die vestiging van ’n walvisbewaringsgebied by Antarktika het tot ’n dooiepunt oor dié kwessie gelei.

Suid-Afrika, Gaboen, Brasilië, Argentinië en Uruguay het die voorstel vir die bewaringsgebied op die 67ste vergadering van die Internasionale Walviskommissie (IWK) in Brasilië gemaak.

Benin, die Ivoorkus en Liberië, asook ’n groep eilandstate, het saam met Japan teen die voorstel gestem.

Verskeie bewaringsorganisasies het in ’n gesamentlike verklaring gesê hulle is uiters gefrustreerd deur die gebeure. Lande wat teen die voorstel gestem het, besef nie hoeveel geld hulle met ekotoerisme en die bewaring van walvisse kan verdien nie.

Estrela Matilde van die bewaringsorganisasie Fundacão Principe Trust (FPT), het gesê dié organisasie is uiters teleurgesteld in lande wat teen die voorstel gestem het.

Die voorgestelde bewaringsgebied sou van Ecuador tot by Antarktika strek en sou dié gebied geheel en al van kommersiële walvisjag vrywaar.

Die voorgestelde bewaringsgebied sou van Ecuador tot by Antarktika strek en sou dié gebied geheel en al van kommersiële walvisjag vrywaar.

Clare Perry van die EIA, het gesê bewaringsbewustes aan albei kante van die Atlantiese Oseaan is ten gunste van die bewaringsgebied.

“Die Suid-Atlantiese walvisbewaringsgebied word nou van die tafel gevee op grond van politieke ondersteuning vir dié lande wat kommersiële walvisjag wil hervat.”

Japan se voorstel dat die verbod op kommersiële walvisjag opgehef word, word tans gedebatteer.

Japan, Ysland en Noorweë het sedert die verbod op kommersiële walvisjag wat uit 1986 dateer, 38 539 walvisse gejag.

Die sitting, wat in Florianópolis in Brasilië, plaasvind, eindig die naweek.

Meer oor:  Japan  |  Bewaring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.