Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Japan se nuwe leier hou baie ministers

Dit lyk beslis nie of Josjihide Soega, aangewese premier van Japan, groot veranderings aan die regering gaan aanbring nie.

Soega is Maandag tot leier van die regerende LDP verkies. Dié party het die meerderheid in die laerhuis van die parlement waar vandag oor sy kandidatuur vir die premierskap gestem sal word. Soega, hoofkabinetsekretaris in die regering, het op Maandag se partykongres meer as 70% van die senior partylede se steun gekry.

Hy sal nou Sjinzo Abe, wat om gesondheidsredes uittree, se termyn uitdien wat oor ’n jaar eindig.

Soega het Maandag gesê hy sal nie van Abe se ekonomiese beleid afwyk nie.

Sjinzo Abe, uittredende premier van Japan, gee Maandag ’n simbo­liese bos blomme aan Josjihide Soega, sy opvolger, nadat Suga op die regerende LDP se partykongres tot nuwe leier verkies is. Foto: AP

Hy gaan wel talle uitdagings teëkom, soos hoe om die nasleep van die Covid-19-pandemie teen die agtergrond van ’n sukkelende ekonomie te bestuur, asook hoe om vir die verouderende samelewing voorsiening te maak. Sowat ’n derde van Japanners is ouer as 65 en dra nie baie tot die ekonomie by nie.

Volgens bronne kan geen groot kabinetskommelings verwag word nie. Soega gaan blykbaar die minister van finansies, van ekonomie en van buitelandse sake­ in hul poste behou.

Soega beplan glo wel om Taro Kono, minister van verdediging, na die portefeulje van binnelandse sake te skuif en Abe se broer, Noboeo Kisji, die verde­digings-portefeulje te gee. – Reuters

Meer oor:  Josjihide Soega
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.