Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Japan se nuwe premier oor 2 weke gekies

Japan sal waarskynlik op 14 September weet wie sy nuwe premie gaan wees.

Die regerende Liberaal-Demokratiese Party beplan om dan sy leierskonferensie te hou nadat Shinzo Abe verlede week aangekondig het hy gaan om gesondheidsredes uittree. Die datum moet vandag deur die regerende party bekragtig word.

Vier kandidate in die party ding tans om die posisie mee.

Die openbare gunsteling is volgens mediapeilings die voormalige minister van verdediging Shigeru Ishiba.

Indien hy homself wel verkiesbaar stel, kan hy deur ’n opdraande stryd in die gesig gestaar word omdat die kabinetsekretaris, Yoshihide Suga, die grootste steun in die LDP het.

Volgens Kyodo News het Ishiba sowat 34% van die publiek se steun, meer as dubbel die steun wat Suga (14%) geniet, wat in die tweede plek is.

’n Nikkei-TV Tokyo-peiling het aangedui Ishiba het 28% van die steun, gevolg deur die huidige minister van verdediging, Taro Kono, met 15%. Suga is volgens hierdie peiling in die vierde plek met 11% steun.

Die peilings maak dit duidelik dat daar ’n groot verskil is tussen openbare mening en wie uiteindelik in die regering beland.

Abe, wat Japan se langsdienende premier is, het pres. Donald Trump gister ingelig dat die bande tussen die twee lande nie skade sal ly weens die verandering van leierskap nie. – Reuters

Meer oor:  Japan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.