Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Japan se premier bedank weens ‘ongeneeslike siekte’

Shinzo Abe, premier van Japan, het pas weens gesondheidsredes bedank.

Volgens CNN het hy Vrydag op ’n nuuskonferensie gesê hoewel daar nog ’n jaar oor is van sy ampstermyn en daar nog uitdagings is om te oorkom, het hy besluit om uit te tree as premier.

Hy het die mense van Japan om verskoning gevra dat hy nie sy pligte in die tyd van die koronavirus-pandemie kan nakom nie.

Abe ly aan kolitis, ’n ongeneeslike inflammatoriese siekte in sy ingewande. Dit was ook ’n faktor met sy skielike bedanking as premier in 2007. Hy het toe sy eerste termyn ná net ’n jaar beëindig, berig CNN.

Abe het Maandagoggend die Keio-universiteitshospitaal in Tokio besoek.

“Ek het my chroniese siekte agt jaar lank beheer. Maar vanjaar in Junie het ek ’n roetine-ondersoek gehad en daar was tekens dat die siekte opvlam.”

Voormalige pres. Jacob Zuma en Shinzo Abe, premier van Japan, in 2013 by die premier se amptelike woning in Tokio. Foto: Siyabulela Duda

Hy het bygevoeg dat hy ’n besluit moes neem en hy het gekies om te bedank.

“Ek moet die siekte beveg en ek moet behandeling kry.”

Markte het negatief op dié aankondiging reageer.

Japan se Nikkei-indeks het Vrydag op 1,4% ná die aankondiging gesluit. Dit het aanvanklik meer as 2% getuimel.

Die Japanse yen, ’n tradisioneel veilige toevlug, het 0,3% teen die Amerikaanse dollar gestyg.

Ná sy vorige bedanking in 2007, is Abe herverkies in 2012.

Hy was sedertdien die dominante krag in Japanse politiek, en het ’n grondverskuiwende derde termyn in 2017 gehad met ’n vierde in 2019, ondanks verskeie skandale en tanende gewildheid.

Verskeie wêreldleiers het Abe geloof vir sy diensjare nadat hy sy bedanking Vrydag aangekondig het.

Boris Johnson, die Britse premier, het Vrydag getwiet Abe het groot dinge behaal in sy rentmeesterskap van die VN-Japan-verhouding wat al hoe sterker in handel, verdediging en kulturele skakels geraak het.

“Dankie vir al jou diensjare en ek wens jou goeie gesondheid toe.”

Scott Morrison, Australiese premier, het gesê Abe is “Australië se ware vriend,” en ’n man van integriteit en wysheid.

https://edition.cnn.com/2020/08/28/asia/shinzo-abe-japan-resignation-health-intl-hnk/index.html

https://www.netwerk24.com/Nuus/Wereld/kyk-shinzo-abe-van-japan-gaan-vandag-bedank-20200828

Meer oor:  Shinzo Abe  |  Japan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.