Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Japan se premier wil wys bande met VSA is sterk

Sjinzo Abe, premier van Japan, het Maandag voor sy samesprekings met sy Amerikaanse eweknie, pres. Donald Trump, gesê hy wil wys hoe sterk die band tussen die twee lande is.

Pres. Donald Trump van Amerika en Sjinzo Abe, premier van Japan, skud Maandag hand voor hul vergadering in Akasaka Palace, die staatsgastehuis in Tokio. Foto: AP

Trump wat op ’n staatsbesoek van vier dae aan die land is, het Sondag ook na ’n soemo-geveg, Japan se nasionale sport, gaan kyk.

Vroeër die dag het Trump en Abe gholf gespeel en hamburgers geëet.

Trump en sy vrou, Melania, het Saterdag in die land aangekom, en hul eerste afspraak was ’n amptelike verwelkoming in die Amerikaanse ambassade wat deur sakeleiers soos die hoofde van Toyota, Nissan, Honda, SoftBank en Rakuten bygewoon is.

Melania, Trump se vrou, en Akie, Abe se vrou, buite die staatsgastehuis. Foto: AP

Trump het dit toe reeds duidelik gemaak dat hy nie tevrede is met – wat hy beskou – die “handelsongelykheid” tussen die twee lande nie.

Hy wil ’n ooreenkoms aangaan om dit reg te stel. “Die ooreenkoms moet struikelblokke uit die weg ruim vir Amerikaanse uitvoer en sorg vir regverdigheid en wederkerigheid in die verhouding,” het hy gesê.

Abe is egter vasbeslote om te wys dat die verhouding sterk is.

Hy het gesê hy en Trump sal in hul formele samesprekings oor Noord-Korea, die ekonomiese kwessies tussen Japan en Amerika, asook volgende maand se G20-beraad praat.

Die Trumps het ook reeds Japan se nuwe heerser, Naruhito, en sy vrou, Masako, ontmoet. – Reuters

Meer oor:  Amerika  |  Japan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.