Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Japanse leier dalk op pad uit oor kwale
Shinzo Abe Foto: Reuters

Shinzo Abe, Japan se eerste minister, wil na sy gesondheid omsien en die beste doen wat hy kan in sy werk.

So het Abe Maandag gesê nadat ’n tweede hospitaalbesoek binne dae kommer laat ontstaan het oor of hy as leier van die wêreld se derde grootste ekonomie sal kan aanbly.

Die hospitaalbesoeke het gekom terwyl Abe die rekord verbygesteek het as sy land se langsdienende opeenvolgende eerste minister, ’n rekord wat ’n halfeeu gelede deur Eisaku Sato, ’n grootoom van hom, opgestel is. Dit het die bespiegeling laat toeneem dat Abe dalk nou sal bedank omdat hy dié mylpaal bereik het.

Abe, wat gekritiseer is vir sy hantering van die koronavirus-uitbreking en oor ’n paar skandale, het steun verloor onder kiesers tot op een van die laagste vlakke sedert hy in 2012 vir ’n tweede termyn as premier teruggekeer het met beloftes van ’n oplewing in die ekonomie en die opskerping van die land se verdediging.

“Ek wil graag na my gesondheid omsien en my beste in my werk doen,” het Abe buite sy amptelike woning aan verslaggewers gesê nadat hy ’n hospitaal in Tokio besoek het. Hy het gesê hy het die uitslae gekry van ’n ondersoek wat verlede week gedoen is, en bykomende ondersoeke ondergaan.

Die grootste uitsaaier, Nippon TV, het berig dat hy vir ’n chroniese siekte behandel is.

Abe, wat aanstaande maand 66 word, het gesê hy wil later oor sy mediese toetse praat.

Josjihide Suga, regeringswoordvoerder, het gesê Abe het ’n opvolgbesoek afgelê nadat sy eerste ondersoek meer as sewe uur lank geduur en kommer oor sy gesondheid laat ontstaan het.

Die grootste uitsaaier, Nippon TV, het egter berig dat hy vir ’n chroniese siekte behandel is. Nippon het verskeie naamlose bronne in die regeringsparty aangehaal.

Hy was sedert 2012 eerste minis­ter in sy tweede ampstermyn nadat hy in 2007 skielik bedank het weens probleme met ’n ingewandskwaal, ’n siekte wat hy onder beheer hou met medisy­ne wat nie toe beskikbaar was nie.

Katsunobu Kato, die minister van gesondheid, het verlede week gesê hy is “hoegenaamd nie bekommerd” oor Abe se gesondheid nie.

Die Japanse media het die afgelope maand oor sy gesondheid bespiegel, insluitend oor die spoed waarteen hy loop.

Flash, ’n weekblad, het berig dat Abe op 6 Julie bloed opgebring het by sy kantoor. Regeringsamptenare het dit ontken. – Reuters

Meer oor:  Shinzo Abe  |  Japan  |  Gesondheid  |  Kwale  |  Siekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.