Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Joe Biden glo ook reg om Trump in 2020 aan te vat

Dit blyk dat Joe Biden, voormalige visepresident van Amerika, daaraan dink om sy naam in die hoed vir die 2020-presidensiële verkiesing te gooi.

Biden het nog geen amptelike aankondiging gemaak nie, maar mense na aan hom sê hy gaan heel waarskynlik aan die verkiesing deelneem, berig ABC News.

Robert Wolf, wat destyds oudpres. Barack Obama se ekonomiese adviseur was en Biden al langer as 'n dekade ken, sê Biden is "al 90% daar".

Wolf het aan ABC News gesê hy dink Biden wag net vir die regte oomblik om die aankondiging te maak.

Joe Biden
Joe Biden verlede week in Duitsland. Foto: Reuters

Sen. Diane Feinstein, wat onlangs met Biden vergader het, sê sy het ook die gevoel gekry dat hy wil deelneem.

CBS News berig dat hoewel Demokratiese kiesers gek is oor Biden, is daar nou 'n groot en diverse poel deelnemers waaruit hulle kan kies.

Kiesers weeg glo hul "liefde" vir Biden op teen die ander Demokratiese kandidate wat reeds aangekondig het dat hulle aan die presidensiële verkiesing gaan deelneem.

Een van hulle is Bernie Sanders (77), onafhanklike senator vir Vermont, wat Dinsdag aangekondig het dat hy weer gaan probeer om die Demokrate se verkose presidentskandidaat te word.

Trump het later die dag in reaksie op Sanders se aankondiging gesê hy is bly vir Sanders en dink nie dat Hillary Clinton, wat Sanders in 2016 as die Demokrate se presidentskandidaat uitgestof het, hom met die nodige respek behandel het nie.

Trump het gesê daar is baie kandidate wat aan die verkiesing wil deelneem, maar hy hoop hulle weet dat net een mens kan wen.

"Ek hoop julle weet wie daai persoon is."

Meer oor:  Demokrate  |  Joe Biden  |  Donald Trump  |  Hillary Clinton  |  Barack Obama  |  Bernie Sanders  |  Amerika  |  Kandidate  |  Presidensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.