Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Johnson draf steeds voor

Boris Johnson is steeds die oorweldigende gunsteling om die Britse Konserwatiewe Party se leierskap by Theresa May oor te neem.

Jeremy Hunt verlaat Donderdagaand die Britse parlement. Foto: Reuters

Tory-LP’s het Donderdag twee keer gestem oor wie die nuwe leier moet wees.

In die eerste stemming is die Londense burgemeester, Sajid Javid uitgeskakel. In die twee stemming is Michael Gove uitgeskakel.

Gove het 75 stemme op hom verenig teenoor Jeremy Hunt se 77. Johnson het met 160 stemme die oorweldigende steun van die Tory-LP’s gekry.

Johnson het reeds beloof dat hy Brittanje uit die Europese Unie sal lei voor die spertyd van 31 Oktober – met of sonder ’n ooreenkoms met die EU.

Johnson en Hunt sal nou aan die wyer lidmaatskap van die Tories verkiesbaar gestel word. Die finale stemming sal in die week van 22 Julie afgehandel word.

Meer oor:  Boris Johnson  |  Theresa May  |  Kandidate  |  Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.