Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Johnson ‘kan leef sonder ooreenkoms’

Hy wil nie werklik hê die Brexit-oorgangstyd moet ten einde kom sonder ’n nuwe handelsooreenkoms nie, maar hy reken Brittanje kan daarsonder klaarkom, het Boris Johnson, die Britse premier, Sondag gesê.

Met die spertyd van 31 Desember wat vinnig nader kom, het Johnson en Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, Saterdag in ’n telefoongesprek ooreengekom om onderhandelinge oor ’n post-Brexit-ooreen­koms te versnel.

“Daar is helaas sekere probleme wat reggestel moet word en die EU moet sonder twyfel verstaan ons is uiters ernstig daar­oor om ons eie reëls en regulasies te bestuur.

“Hulle moet ook verstaan die hervestiging van Brittanje se vissersregte is baie belangrik.”

Op ’n vraag oor die moontlike impak van ’n situasie as daar, te midde van die Covid-pandemie, geen ooreenkoms bereik word nie, het Johnson gesê: “Ek wil nie ’n geval hê soos wat daar was met Australië en die Wêreldhandelsorganisasie nie, maar ons kan heel gemaklik daarmee saamleef.”

Die regering het verlede week invoerders en uitvoerders aangesê om bykomende dokumente af te handel, of daar ’n ooreenkoms is al dan nie, en gewaarsku ’n gebrek aan voorbereiding kan lei tot rye vragmotors van honderde kilometers.

Dit het gelei tot aantygings deur parlementslede van die opposisie dat die regering die nywerheidsektor die sondebok wil maak sou daar chaos ontstaan ná ’n mislukte Brexit.

As ’n ooreenkoms nie bereik word nie, kan handel van sowat R19,3 miljard per jaar in die slag bly. – Reuters

Meer oor:  Ursula Von Der Leyen  |  Boris Johnson  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.