Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Johnson loop voor; Raab uit stryd om leierskap

Die Britse politikus, Boris Johnson, het Dinsdag die tweede stemronde in die leierskapstryd van die Britse Konserwatiewe party met 126 stemme gewen.

Al 313 lede van die Konserwatiewe Party het Dinsdag aan die stemmery deelgeneem.

Boris Johnson, wat hoop om Theresa May as leier van die Konserwatiewe Party op te volg, Dinsdag buite sy huis in Londen.Foto: Reuters

Dominic Raab, gewese Brexit-sekretaris, het in die stemmery uitgeval toe hy slegs 30 stemme verwerf het.

Die vyf kandidate wat nou deurgaan na die volgende ronde stemmery is buiten Johnson, Michael Gove (41 stemme), Rory Stewart (37 stemme), Sajid Johnson (33) en Jeremy Hunt (46).

Die volgende stemproses sal Woensdag gehou word. Nóg stemrondes sal later vandeesweek volg.

Sodra daar slegs twee kandidate oor is, sal ’n breër stemproses in die Konserwatiewe Party gehou word om ’n leier te kies. ’n Nuwe Britse eerste minister kan teen die einde van Julie gekies word.

Johnson, ’n voormalige burgemeester van Londen en ’n oudminister van buitelandse sake, sê hy sal sorg dat Brittanje teen 31 Oktober die Europese Unie verlaat, al is daar nie ’n plan om Brexit glad te laat verloop nie. Dit kan tot onmin in die parlement lei.

Johnson se onkonvensionele styl het hom al gehelp om ’n rits skandale in die verlede te oorleef en het nou die meerderheid van sy party oortuig dat slegs hy tot die redding kan kom om Brexit te bewerkstellig. – SkyNews, Reuters.

Meer oor:  Boris Johnson  |  Brittanje  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.