Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Johnson sê Arbeiders sal slaplê om misdaad vas te vat

Die Britse premier het Sondag belowe hy sal sorg dat tronkstraf strenger toegepas word en veiligheid opgeskerp word ná die aanval deur ’n terroris wat vroeër op parool uit die tronk vrygelaat is.

Boris Johnson het gesê hy betreur die feit dat die aanvaller, Usman Khan, op vrye voete was toe hy sy gruweldade uitgevoer het.

“Ek vind dit afstootlik en ons sal optree,” het hy aan Andrew Marr van die BBC gesê.

Khan het mense op London Bridge in die hoofstad aangeval en twee doodgesteek voordat hy deur omstanders op die grond vasgedruk en toe deur die polisie doodgeskiet is. Hy het messe by hom gehad en ’n fop-selfmoordbaadjie aangehad.

boris johnson, jeremy corbyn
Boris Johnson en Jeremy Corbyn. Foto: Reuters

Johnson het sy hoofopposisie in die komende algemene verkiesing op 12 Desember uitgebeeld as dat hulle nie kragdadig teen misdaad sal optree nie. Hy het verwys na ’n wet wat meer as tien jaar gelede deur die Arbeidersparty deurgevoer is wat toelaat dat sommige gevangenes outomaties vroeër vrygelaat word as wat hul vonnisse bepaal.

74 mense wat skuldig bevind is aan ernstige misdrywe is vroeër onder dié wetgewing vrygelaat en moes daarna gemonitor word om die publiek teen hulle te beskerm.

Jeremy Corbyn, leier van die Arbeidersparty, sê veroordeelde terroriste hoef nie noodwendig hul volle tronkstraf uit te dien nie.

“Dit hang van die omstandighede af, dit hang af van die vonnis en dit hang veral af van hul gedrag in die tronk,” het hy aan SkyNews gesê.

Corbyn sê die Konserwatiewe Party se sny van die begroting vir gemeenskapspolisiëring, parool, geestesgesondheid, die jeug en maatskaplike dienste kan daartoe lei dat “kanse verspeel word om in die lewe van mense in te gryp, wat dan voortgaan om onverskoonbare dade te pleeg”.

“Jy kan nie die publiek teen ’n appel en ’n ei veilig hou nie.”

Die aanval van Sondag het ’n mate van kalmte gebring in die verkiesingsveldtogte van die onderskeie partye.

Kiesers moet stem tussen die Arbeiders, wat belowe om rykes en sakeondernemings swaarder te belas om te voorsien in die finansiële behoeftes van die groeiende staat, en die Konserwatiewes wat belowe om Brexit “gedoen te kry” en dan aandag aan ander kwessies te gee. – Reuters

Meer oor:  Boris Johnson  |  Londen  |  Britse Verkiesing  |  Britse Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.