SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Wêreld
Jong gesin sterf in Australiese Outback

Die polisie in Australië het Donderdag die lyk van ’n kind gekry ná ’n uitgebreide soektog op land en uit die lug, nadat ’n plaaslike inwoner van die Willowra-distrik Woensdag op die lyke van ’n gesin, wie se motor onklaar geraak het, afgekom het.

Die man en vrou (albei 19 jaar oud) en hul 3-jarige seun se lyke is Woensdag 4,5 km van hul motor af gekry in die verafgeleë deel van die land se noordelike gebied, bekend as die Australiese Outback.

Die motor is 350 km noordwes van Alice Springs, die naaste groot dorp, gekry.

Desert House, Alice Springs, Australië.Foto: Getty Images

Hulle is volgens aanduidings dood weens honger en blootstelling aan die son.

Die temperatuur in die gebied het die week 40 °C bereik.

Hul lyke is gevind vyf dae nadat hulle uit Willowra na Warra Warra, sowat 500 km noord van Alice Springs, vertrek het, berig Daily Mail.

Hul motor het dus sowat halfpad in hul reis van vyf uur onklaar geraak.

Daar is geen selfoonsein in die gebied nie.

Die Australiese Outback. Foto: Getty Images

Hulle het vermoedelik hulp gaan soek by ’n nedersetting sowat 18 km daarvandaan.

By navraag het die polisie vasgestel dat daar ’n 12-jarige kind saam met hulle gery het, berig die Australiese uitsaaier, ABC.

Die polisie het Donderdag bekend gemaak die 12-jarige seun se lyk is 120 m van die ander lyke gekry.

Hulle het die gebied daarna weer deursoek om seker te maak daar was niemand anders in die motor nie. Die soektog is laat Donderdag afgelas.

Meer oor:  Outback  |  Alice Springs  |  Blootstelling  |  Hitte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.