Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Jong mense in VSA traag om ingeënt te word

Jong mense in Amerika het nie vertroue in die Covid-19-entstowwe nie en registreer hulle nie sommer om teen die virussiekte ingeënt te word nie.

Volgens die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) is jonger mense traer om ingeënt te word.

Indien die pas waarteen jonger mense vir die inentings gaan, nie toeneem word nie, sal baie meer ouer mense as jong mense teen Augustus in Amerika ingeënt wees, sê die CDC Maandag in ’n verslag.

Die CDC sê meer moet gedoen word om inentings by jong mense aan te moedig sodat hospitaalopnames en sterftes weens Covid-19 voorkom kan word.

Van die 57% volwassenes wat tussen 14 Desember en 22 Mei ingeënt is, was die meeste mense 65 of ouer.

Die minste inentings tot dusver is in die groep tussen 18 tot 29 jaar oud.

Jong Amerikaners gaan moontlik nie vir die inentings nie omdat hulle oor die veiligheid en doeltreffendheid van die entstowwe twyfel, sê die CDC.

Die minste inentings is onder swart mense van 18 tot 39 jaar oud. Dié groep het nie noodwendig mediese fondse nie en woon buite groot stede.

Luidens die verslag het een uit vier mense in die ouderdomsgroep van 18 tot 39 jaar oud in ’n meningspeiling gesê hulle wil nie ingeënt word nie.

Die inentings in Amerika het in Desember 2020 begin en dit was eers op gesondheidswerkers en ouer mense gefokus.

Die land se inentingsprogram is egter sedert 19 April vir enigiemand van 18 jaar en ouer oopgestel. Reuters


Meer oor:  Vsa  |  Covid-19  |  Registreer  |  Entstowwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.