Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Covid-19: Brittanje ‘terug na normaal’

Meer as ’n jaar van Covid-19-inperkingsmaatreëls het in Brittanje tot ’n einde gekom, ten spyte van skerp kritiek deur epidemioloë en ander mediese kenners.

Boris Johnson, premier, wat meen inentings sal die land beskerm ten spyte van ’n nuwe vlaag van infeksies, het ’n beroep op mense gedoen om steeds versigtig te wees.

Die plaaslike media het Maandag “Vryheidsdag” gedoop, nadat Johnson besluit het die inperkingsmaatreëls word gelig sodat die ekonomie weer aan die gang kan kom.

Dit is ’n eerste in die wêreldwye stryd teen die Covid-19-pandemie, en as dit werk, sal ander lande Brittanje se voorbeeld volg om “na normaal” terug te keer.

“As ons dit nie nou doen nie, moet ons onsself afvra wanneer ons dit ooit sal doen,” het Johnson in ’n videoboodskap gesê.

Die dra van maskers word op sekere plekke aanbeveel, maar is nie verpligtend nie.

Die grootste bedreiging is dat ’n nuwe variant die huidige entstowwe nutteloos maak. Of dat so baie mense nog ernstig siek word dat die gesondheidstelsel oorweldig word.

87% van mense in die land het reeds een inenting ontvang, en 68% is ten volle ingeënt.

Hoewel daar Sondag meer as 48 000 nuwe gevalle aangemeld is, word gemiddeld 40 sterftes per dag aangemeld, teenoor die 1 800 mense wat in ’n stadium in Januarie elke dag dood is.

waterloo-stasie, brittanje
Polisielede met maskers op stap Maandag deur Waterloo-stasie. Foto: Reuters

Dit blyk Brittanje is verdeeld oor die verslapping: Sommige mense wil steeds inperkingsmaatreëls hê uit vrees vir groot getalle sterftes, waar ander, soos sakelui in die vermaak- en reisbedryf en ook kunstenaars, desperaat is om weer aan die gang te kom.

Veral jong mense meen hulle het genoeg van die inperking gehad.

Om middernag het jong mense hulle gehaas na die eerste musiekbyeenkoms wat sonder reëls aangebied is by die nagklub Oval Space in Hackney in die ooste van Londen, en die oggendure omgedans.

“Dit voel asof ek nou al vir ewig nie toegelaat word om te dans nie,” het Georgia Pike (31) gesê.

Gary Cartmill (26) sê hoewel hy opgewonde is omdat die maatreëls gelig word, kry hy ook ’n onheilspellende gevoel. – Reuters

Mense dans Maandag ná middernag in die klub Oval Space in Hackney in die ooste van Londen, nadat die inperkingsmaatreëls in Brittanje gelig is. Foto: Reuters

Meer oor:  Boris Johnson  |  Brittanje  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Vryheidsdag  |  Virussiekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.