Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
‘Julle het my jeug gesteel,’ sê Thunberg
Die 16-jarige Sweedse klimaataktivis Greta Thunberg praat op die klimaatberaad in New York.Foto: Reuters

Die tieneraktivis Greta Thunberg het wêreldleiers Maandag in die hart van die Verenigde Nasies (VN) woedend beskuldig dat hulle niks doen teen klimaatsverandering nie en die misnoeë onder miljoene van haar generasie weergegee deur te sê: “Hoe durf julle?”

Die Switserse aktivis se kort toespraak het sommer aan die begin van die beraad reeds verstom. Die beraad is gemik op die mobilisering van regerings en die sakewêreld om iets te doen aan koolstofvrystelling, wat die laaste paar jaar rekordhoogtes bereik het ongeag dekades se waarskuwings deur wetenskaplikes.

“Dit is baie verkeerd. Ek moenie hier wees nie. Ek moet terug in die skool wees aan die ander kant van die oseaan, tog kom julle na ons as jong mense vir hoop. Hoe durf julle?” het die 16-jarige Greta met ’n bewende stem gesê.

Julle het my drome en my kinderlewe met jul leë woorde gesteel.
Die 16-jarige Sweedse klimaataktivis Greta Thunberg praat op die klimaatberaad in New York afgeneem saam met Barbara Creecy, minister van omgewingsake en Jerry Matsjila, Suid-Afrika se ambassadeur by die VN. Creecy het die foto op Twitter geplaas met die byskrif: “ ’n Spesiale oomblik saam ’n inspirerende jong vrou by die Klimaataksieberaad”. Foto: TWITTER

“Julle het my drome en my kinderlewe met jul leë woorde gesteel,” sê sy.

“Ek is diep geraak deur die emosie in die vertrek toe sommige van die jong mense vroeër gepraat het,” het pres. Emmanuel Macron van Frankryk op die beraad gesê.

“Ek wil ook my rol speel en na hulle luister. Ek dink nie enige politieke besluitnemer kan doof bly vir dié eis om geregtigheid tussen generasies nie.”

Antonio Guterres, die VN se sekretaris-generaal wat die eendaagse geleentheid gereël het om die Parys-ooreenkoms van 2015, om aardverhitting te beveg, ’n hupstoot te gee, het leiers gewaarsku om op te daag net as hulle gewapen is met konkrete aksieplanne, nie leë toesprake nie. “Die natuur is kwaad. Ons kul onsself as ons dink ons kan die natuur kul omdat die natuur altyd terugslaan en oor die wêreld heen slaan die natuur met alle mag terug,” sê Guterres, ’n voormalige Portugese premier.

“Elke ding het ’n prys. Maar die duurste is om niks te doen nie.”

Die beraad is gekenmerk deur senuagtige beloftes deur sakeondernemings, pensioenfondse, versekeraars en banke om meer te doen. – Reuters

Meer oor:  Greta Thunberg  |  Jeug  |  Klimaatverandering  |  Vn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.