Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Floyd-moordverhoor: Skuldig!
george floyd
'n Man buite die hof die oomblik toe dit bekend geword het dat Derek Chauvin skuldig bevind is in die George Floyd-moordverhoor. Foto: Reuters

Derek Chauvin (45), gewese polisielid van Minneapolis, is skuldig bevind aan die moord op George Floyd (46).

’n Jurie het Dinsdagaand laat (Suid-Afrikaanse tyd) dié beslissing gemaak.

Chauvin is skuldig bevind op al drie aanklagte waarop hy tereg gestaan het: moord in die tweede en derde graad en manslag in die tweede graad. Die jurie het vir minder as 'n dag beraadslaag, berig die BBC.

Vroeër is berig die hof het besluit op ’n tydsverloop van sowat ’n uur vandat regter Peter Cahill die tyding ontvang het dat die jurie ’n bevinding gemaak het totdat dié bevinding in die hof uitgelees is, het The Guardian berig. Dit is omdat owerhede werknemers as voorsorgmaatreël die geleentheid wou gee om die hofgebou in Minneapolis in die deelstaat Minnesota te verlaat om huis toe te gaan.

Die hof het Maandag gehoor dat Chauvin (45) afstand gedoen het van sy reg om voor die jurie te getuig.

Die saak het wêreldwyd opspraak gemaak toe ’n omstander in Mei 2020 ’n video geneem het toe Chauvin nege minute lank sy knie op Floyd, wat reeds geboei was, se nek gedruk het. 

Floyd het probeer om ’n vervalste $20-noot te gebruik om sigarette mee te koop.

Die video het internasionale betogings oor rassisme en polisiegeweld tot gevolg gehad.

Die saak het op 8 Maart vanjaar begin.


Meer oor:  George Floyd  |  Derek Chauvin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.