Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Jy kan kompos word vir familie se plantjies

Washington het die eerste deelstaat in Amerika geword wat toelaat dat daar kompos van mense se lyke gemaak word.

Ingevolge die nuwe wetgewing kan mense nou kies om hul lyke in kompos te laat omsit, wat dan aan familie of geliefdes gegee kan word om te gebruik as hulle blomme, groente of bome te plant.

Die proses word beskou as ’n alternatief vir verassings en begrafnisse en as ’n praktiese opsie in stede waar plek vir begraafplase min is, berig die BBC.

Katrina Spade, wat die wetgewing voorgestaan het, sê dit is natuurlik en volhoubaar en verminder koolstofvrystellings.

Sy het aan die nuusagentskap AFP gesê die maatskappy plaas die lyk in ’n seshoekige staalhouer wat gevul word met lusern, houtsaagsels en strooi.

Die houer word toegemaak en die lyk ontbind natuurlik vir 30 dae. Dit lewer twee kruiwaens kompos op.

Jay Inslee, die Demokratiese goewerneur van Washington, het die nuwe wetgewing Dinsdag onderteken, berig U.S. News.

“Hierdie alternatief kos minder en die impak op die omgewing is kleiner,” sê Inslee.

Die deelstaat hoop om sy koolstofvoetspoor sodoende te verklein. Meer as 3,6 miljoen Amerikaners sal na verwagting in 2037 sterf, dit is 1 miljoen meer as in 2015, luidens Amerika se sensusburo.

Die proses om kompos van lyke te maak, is ook in Swede wettig. In Brittanje is dit wettig om iemand sonder ’n kis direk in die grond te begrawe.

Kenners het aan The Washington Post gesê om ’n lyk te veras, stel sowat 18 kg koolstof vry en gebruik 113 liter brandstof. Lyke wat gebalsem word, laat nadelige chemiese stowwe in die grond vry.

Meer oor:  Washington  |  Amerika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.