Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kamera werk nog ná 2 jaar in see

’n Kamera wat meer as twee jaar gelede in die see geval en weggeraak het, is op pad terug na sy eienaar.

Die kamera, byna heeltemal toegegroei met mossels, het op ’n strand in Taiwan uitgespoel – maar danksy die waterdigte kassie waarin dit was, is dit steeds in ’n werkende toestand, berig die BBC.

’n Groep skoolkinders het die kamera gevind.

’n Klip met ’n venster? Nee, ’n kamera wat ná meer as twee jaar onder water steeds werk. Foto: Park Lee

Om die eienaar daarvan op te spoor, het hul onderwyser die foto’s wat op die kamera was, op Facebook geplaas.

Binne net een dag is die eienaar opgespoor.

“Ek kon dit nie glo nie,” het Serina Tsubakihara, die eienaar van die kamera, aan die BBC gesê.

Sy sê sy was baie verbaas toe haar vriende die Facebook-foto’s aan haar gestuur het.

Dié Japannese universiteitstudent was in September 2015 op vakansie op die eiland Ishigaki, Okinawa, sowat 250 km oos van Taiwan, toe sy die kamera laat val het.

“Ek het geskubaduik en het die kamera verloor toe een van my vriende se suurstof opgeraak het en dié my hulp nodig gehad het.”

Dié foto is op Facebook versprei om die eienaar van die kamera wat dit geneem het, op te spoor. Foto: Serina Tsubakihara

Toe die kamera uit haar hande geval het, het Tsubakihara aanvaar dat sy dit nooit weer gaan terugkry nie.

’n 11-jarige skoolkind het uiteindelik op die kamera afgekom. Dit het egter meer soos ’n klip gelyk, omdat dit byna heeltemal bedek was met eendmossels en skulpe.

“Nie ’n druppel water het by die kassie ingekom nie en dit het op die oog af gelyk of dit in ’n goeie toestand is,” het Park Lee, die onderwyser, gesê.

“Nog meer indrukwekkend is dat die kamera se battery steeds gelaai was.”

Tsubakihara beplan om in Junie na Taiwan te reis om die onderwyseres en skoolkinders te bedank wat haar verlore kamera gevind het.

Meer oor:  Taiwan  |  Kamera  |  See  |  Gevind  |  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.