Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kanada wil miljoen immigrante binne 3 j. burgers maak
Ahmed Hussen F
Ahmed Hussen Foto: Facebook

Kanada wil oor die volgende drie jaar meer as ’n miljoen immigrante permanente inwoners van dié land maak.

Die land se parlement het sy planne aangekondig om dit teen 2021 te doen, berig CNN.

Dit sal bykans 1% van die land se bevolking uitmaak.

Kanada het in 2017 burgerskap aan meer as 286 000 immigrante gegee en dit kan vanjaar tot 350 000 styg.

In 2020 en 2021 wil die land burgerskap aan onderskeidelik 360 000 en 370 000 immigrante toestaan.

Ahmed Hussen, Kanada se minister van immigrasie, vlugtelinge en burgerskap, het in verklaring gesê dat “immigrante en hul afstammelinge onmeetbare bydraes tot Kanada gemaak het en dat die land se toekomstige sukses daarin lê om te verseker dat (dié immigrante) welkom voel en goed geïntegreer is”, berig NewsWeek.

Hussen, ’n immigrant van Somalië, het ook volgehou dat die verwelkoming van meer permanente burgers in die land ’n manier is om “nuwe uitdagings” waarvoor Kanada te staan kom aan te pak. Dit sluit in ’n “ouerwordende bevolking en ’n daling in die geboortesyfer”

Meer oor:  Immigrante  |  Burgers  |  Kanada
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.