Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kannibaal vermoor en eet aan sy ma

’n Spaanse man wat sy ma vermoor en haar lyk geëet het, is tot tronkstraf van 15 jaar en vyf maande gevonnis.

Alberto Sánchez Gómez (28) is in 2019 in hegtenis geneem nadat die polisie op dele van sy ma se lyk in hul woonstel afgekom het – sommige in plastiekhouers in die vrieskas. Hy het ook dele van haar lyk aan sy hond gevoer.

Die polisie het in Februarie 2019 ondersoek ingestel nadat ’n goeie vriend bekommerd was oor María Soledad Gómez se welstand. Sy was in haar sestigs, berig die BBC.

Die hof het Gómez se verweer dat hy ’n psigotiese episode gehad het toe hy sy ma vermoor en dele van haar lyk geëet het, verwerp.

Hy moet benewens die tronkstraf €60 000 aan sy broer as vergoeding betaal, berig AFP.

Todayonline.com berig Gómez – ook genoem die kannibaal van Ventas – het oor ’n tydperk van vyftien dae aan sy ma se lyk geëet.

Die moord het plaasgevind nadat ’n rusie tussen Gómez en sy ma ontstaan het in die woonstel wat hulle in Ventas, Madrid, gehuur het.

Gómez het eers sy ma verwurg waarna hy ’n saag en twee kombuismesse gebruik het om haar lyk op te saag. Hy het sommige dele van die lyk in plastiekhouers in die vrieskas gebêre.

Volgens TodayOnline het hy dele van die lyk rou geëet en ander gekook, het ’n plaaslike polisielid in sy getuienis in die hof gesê.

Goméz is tot vyftien jaar tronkstraf vir die moord gevonnis en vyf maande vir lykskending, berig Newschant.com.

Meer oor:  Spanje  |  Hond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.