Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kapsie oor Trump se voorstel om Rusland weer in te sluit by G7

Die president van die Oekraïne het Donderdag saam met Europese leiers pres. Donald Trump van Amerika se voorstel, om Rusland weer by die G7-lande toe te laat, teengestaan.

Die Europese lande sê Moskou beset steeds die Krim en versteur vrede in die oostelike dele van die Oekraïne.

Trump het Donderdag gesê dit sal “toepaslik” wees om Rusland weer toe te laat om by die groep, wat voorheen die G8 geheet het, aan te sluit.

Frankryk is hierdie naweek die gasheer van die G7-leiers.

Duitsland, Frankryk en Brittanje het almal sterk kapsie gemaak teen Trump se voorstel en gesê Rusland word uitgesluit omdat hy die Oekraïne se Krim geannekseer het en toe ’n anti-Kiëf-rebellie in die nywerheidstreek Donbas gesteun het.

“Niks het verander sedert Maart 2014, toe Rusland se deelname in die G8 gestaak is nie. Die Krim word steeds beset en Donbas ly weens oorlog,” het Wolodimir Zelenski, president van die Oekraïne, gesê.

’n Ander beampte van die Europese Unie het gesê om Rusland se pres. Wladimir Poetin sonder voorwaardes weer in die groep in te nooi “teenproduktief (en) ’n teken van swakheid” sal wees.

Die EU en Amerika het sanksies teen Rusland aangekondig weens sy rol in die Oekraïne-konflik, waarin 13 000 mense dood is.

Die G7-lande is Amerika, Japan, Duitsland, Brittanje, Frankryk, Italië en Kanada.Reuters

Meer oor:  G7  |  Donald Trump  |  Rusland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.