Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kaunda glo vir longontsteking behandel

Oudpres. Kenneth Kaunda van Zambië word vir longontsteking behandel en nié Covid-19 nie, het ’n assistent van hom Dinsdag gesê.

Oudpres. Kenneth Kaunda van Zambië in 2015. Foto: AP

Die 97-jarige Kaunda het Maandag in ’n verklaring voorbidding versoek, maar nie verklap waarom hy gehospitaliseer is nie.

Rodrick Ngolo, ’n assistent van Kaunda, het aan die nuusagentskap AFP gesê Kaunda word gereeld vir longontsteking behandel.

“Dié probleem duik gereeld op en elke keer as jy hoor hy is gehospitaliseer, is dit weens longontsteking,” het Ngolo gesê.

Volgens die BBC is Kaunda se toestand aan die verbeter nadat hy reeds verlede Dinsdag gehospitaliseer en Maandag ontslaan is.

Pres. Cyril Ramaphosa en pres. Edgar Lungu van Zambië het ook om gebede vir Kaunda gevra.

Kaunda het Zambië van 1964 tot 1991 regeer en is een van die laaste oorblywende Afrikaleiers wat ná afloop van die Tweede Wêreldoorlog teen kolonialisme op die vasteland geveg het.

Vrese dat hy die koronavirus onder lede het, het opgevlam weens die drastiese toename in infeksies in Zambië, berig Al Jazeera.

Daar is tans meer as 14 000 aktiewe gevalle in die land, volgens corona-scanner.com. – BBC.com, Al Jazeera

Meer oor:  Kenneth Kaunda  |  Zambië  |  Longontsteking  |  Oudpresident
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.