Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kelner in Hongkong veroordeel ingevolge veiligheidswet

Die eerste mens wat ingevolge Hongkong se omstrede nasionale veiligheidswet aangekla is, is Dinsdag skuldig bevind aan terrorisme.

Die hofuitspraak kan langtermyngevolge inhou wat betref die interpretasie van die wetgewing en die hervorming van die stad se gemenereg-gewoontes.

Tong Ying-kit (24), ’n voormalige kelner, het tereggestaan op aanklagte dat hy met sy motorfiets in drie polisiebeamptes geploeg het terwyl hy ’n banier met die bewoording: “Bevry Hongkong, revolusie van ons tye”, omhoog gehou het.

Die staat het aangevoer die woorde kom daarop neer dat hy ander aanhits om af te stig.

Aktiviste meen die uitspraak, wat grotendeels berus het op die interpretasie van die bewoording, plaas nuwe perke op vryheid van spraak in die eertydse Britse kolonie.

Menseregtegroepe het die besluit gekritiseer om Tong borgtog en ’n verhoor voor ’n jurie te weier. Albei was voorheen kernelemente van Hongkong se regstelsel.

Carrie Lam, stadsleier, het regters Esther Toh, Anthea Pang en Wilson Chan aangewys om sake oor nasionale veiligheid aan te hoor. Toh het ’n opsomming van die uitspraak in die hof voorgelees en gesê: “Om die woorde te vertoon, kan ander aanmoedig om af te stig.”

Sy het gesê Tong was bewus van die strekking van die woorde en het ten doel gehad om dit aan ander te kommunikeer.

Sy dade het die samelewing “groot skade berokken”, het sy gesê.

Tong Ying-kit onderweg na die hof waar hy aan terrorisme skuldig be­vind is. Foto: Reuters

Luidens die breedvoerige uitspraak was Tong se motorfiets ook ’n dodelike wapen.

“Die beskuldigde se versuim om by alle polisieversperrings stil te hou en die gevolglike botsing teen polisiebeamptes was ’n doelbewuste aanslag op die polisie as ’n simbool van die reg en orde in Hongkong,” het die regters gesê.

Die hof sal Woensdag vertoë ter versagting aanhoor en Tong dan later vonnis.

Nathan Law, uitgeweke aktivis wat in Brittanje asiel gekry het, sê op Twitter: “Hongkong se regstelsel is ’n wapen om te onderdruk.”

Yamini Mishra, Amnestie Internasionaal se direkteur vir die streek, sê dit is ’n “onheilspellende oomblik vir menseregte” in Hongkong.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.