Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kenneth Kaunda in hospitaal opgeneem

Dr. Kenneth Kaunda (97), stigter en eerste president van die Republiek van Zambië, is Maandag in die hospitaal opgeneem.

Hy is Maandag in die Maina Soko-hospitaal in Lusaka opgeneem, maar dit is nie duidelik presies waarvoor nie.

Intussen het wense vir ’n spoedige herstel van oor die wêreld heen ingestroom.

Ook die ANC het gereageer en in ’n verklaring gesê Kaunda het ’n onvervangbare rol gespeel in die stryd om vryheid in Suid-Afrika.

“Hy het ’n spesiale plek in ons harte en ons wense vir beterskap is met hom in dié tyd.”

Ook die president van Zambië, dr. Edgar Chagwa Lungu, se kabinet het ’n verklaring uitgereik: “Ons beste wense vir ’n spoedige herstel vergesel hom”.

Meer oor:  Kenneth Kaunda  |  Zambië  |  Hospitalisasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.