Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Kenneth Kaunda van Zambië dood
Oudpres. Kenneth Kaunda Foto: Argief

Oudpres. Kenneth Kaunda van Zambië is Donderdag dood. Hy was 97.

Kaunda is verlede week in die hospitaal opgeneem. Daar is vir voorbidding gevra, maar niemand het gesê wat hy makeer nie.

Rodrick Ngolo, assistent van Kaunda, het vroeër vandeesweek aan die nuusagentskap AFP gesê Kaunda word gereeld vir longontsteking behandel.

“Dié probleem duik gereeld op en elke keer as jy hoor hy is gehospitaliseer, is dit weens longontsteking,” het Ngolo gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa en pres. Edgar Lungu van Zambië het mense ook gevra om vir Kaunda te bid.

Kaunda het Zambië van 1964 tot 1991 regeer en is een van die laaste oorblywende Afrika-leiers wat ná die Tweede Wêreldoorlog nog teen kolonialisme op die vasteland geveg het. Hy was aanvanklik ’n gewilde leier, maar het later jare al hoe meer outokraties geword en alle opposisiepartye verbied.

Hy is in 1991 deur Frederick Chiluba uit die kussings gelig.

Hy was een van die groot politieke leiers op die vasteland en het dikwels as tussenganger met krisisse in onder meer Zimbabwe en Kenia gehelp.

Meer oor:  Kenneth Kaunda  |  President  |  Zambië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.